Nicolette Writes

Professional Freelance Writer and Stay-at-Home Mom

Extract from my book


Ek draai die krane toe, gryp my handdoek, draai dit om my en balanseer al my botteltjies in my arms. Ek glip uit by die stort en gly myself amper kediks van die skok – die uitsig!

“Hallo! Uh, hi! Haha, eks lekker lomp. Sien jou in die kamer!”

Woeps, weg om die draai. Dammit! Dit was awkward. Jy sien, my kamermaat het hierdie gewoonte (sy is berug vir) kaal rondloop. Ek grap nie. Sy sal kaal in die kamer rondloop. Kaal op die toilet gaan sit – met die deur oop (wat nounet gebeur het). Die ergste is wanneer sy die handdoek laat val en net absoluut vir my iets in haar binne been moet wys. Waar kyk ’n mens? Fokus op die binnebeen, fokus op die binnebeen! Op die einde sien ek nie die klein rooi kolletjie raak nie, want ek was te verdwaas en die oomblik te groot. Hulle loop glo kaal in die huis ook rond. Ma, pa, boetie, sussie – I cannot imagine.

Ek gaan deur my mooimaak prosedure en is betyds klaar (soos altyd) om so bietjie werk te doen. Die interkom gaan af en my hart spring: “Voordeur vir Esther Ferreira, voordeur vir Esther Ferreira” Soos gewoonlik hou die mesie wat voordeurdiens doen nie haar mond vergenoeg weg van die interkom nie. Dit klink aaklig hard. “Sy kom”, skreeu my kamermaat wat nou in die gang af kom. Ek gryp my handsakkie, kyk vir oulaas in die spiëel en sê dankie vir my kamermaat wat in die kamer inkom – darem nou ten volle geklee in ’n klein groen handdoekie.

Single Post Navigation

3 thoughts on “Extract from my book

  1. Sunette on said:

    Ag tog so lekker om dit nou te kan lees!

  2. *oh my hat nicci!!* memories!

    • nicolettesnotes on said:

      Hehe, ja Mareli, ek het die naweek (was by nasionale ser kompetisie) weer aan al die koshuismemories gedink!! Veral ser…***

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: