Nicolette Writes

Professional Freelance Writer and Stay-at-Home Mom

Nog ‘n stukkie uit my boek (3)


Hendrik sit met sy hand op my been, hy glip sy hand op en af oor my knie. Ek moet erken, die gevoel is heerlik. Dit laat my spesiaal voel. En dit laat my voel of ek in ‘n vaste verhouding is. Soos ‘n couple wat al twee jaar saam is. Mekaar goed ken. In ‘n volwasse verhouding is. Want ons kan liefdevol aan mekaar vat. Dis ook thrilling. Maar hoekom as ek opkyk wens ek dit was iemand anders?

Ek skud die gevoel af en geniet eerder die lekkerte van sy aanraking. En ek geniet die feit dat ons die enigste paartjie by die tafel is. Hoeveel keer in my lewe kon ek al dit se? En Hendrik is gewild! Die hele Helshoogte weet van ons. Dis ‘n lekker gevoel, en dalk die rede hoekom ek nog by hom is. Netnou breek ons op en dan eindig ek alleen op met n kat met net ‘n herinnering aan cool studente dae.

Vir eens in my lewe was ek nie ‘n wurm nie… in eertejaars-vensters was ek gekies om ‘n wurm te wees. Saam met al die ander girls wat net nie klassifiseer as super hot nie – hulle moes saam met die hot ouens in bikinis dans. Maar ons, die nice girls, decent meisies, dalk ‘n bietjie vaal, maar ek glo die troumateriaal klomp, ons moes ons neon groen wurmpakkies aantrek. By ons is daar nie potensiaal bespeur van ‘n been wat ‘n wulpse boog om ‘n man se lyf sal draai op venstersaand nie. Ons wurmpies was nogals komieklik (alas, not hot) – met ons groen stortkeppies, groot swart bril oe, en die vetste groen stert wat ons die meeste van die tyd moes vashou. Ons was adorable. Cute. Funny. ‘Ag sweet.’ Maar wanneer die California girls op die verhoog gekom het, het die oeroue manskrete soos mishoorns in die lug gehang. Swaar en soekend. Wat was ‘n wurm? Iets wat jy plat trap op die gras sonder dat jy dit ooit sal besef…

Single Post Navigation

One thought on “Nog ‘n stukkie uit my boek (3)

  1. Ja sjoe,haha,ek was ook een van daai wurms!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: