Nicolette Writes

Professional Freelance Writer and Stay-at-Home Mom

Extract 3 from my book


Die piekniek verloop goed. Baie romanties, behalwe vir die rompie wat ek aangetrek het en moeilik sit (so pencil skirt wat nouer gaan ondertoe, so ek kan nie lekker rond beweeg nie). Nog ’n punt van ongemaklikheid is dat ek nie daarvan hou om goeters voor mense met my voortande af te byt nie. Dis net ’n ding wat ek het. Ek het ’n baie fyn gaping tussen my twee voortande (fyn, jy kan dit nie met die oog sommer net so sien nie), en enige iets wat ek afbyt het die gewoonte om daar tussen in te gaan sit. Die gevolg is dat ek die broodjies so met die hand stukkie vir stukkie afbreek, en die gevolg daarvan is weer dat my hande altyd vuil is! Of daar gebeur iets soos ’n tamatie wat nie wil deur byt nie, of ’n hele stuk blaar trek saam met jou happie uit en beland saam met die sous op my skoot. Terwyl die man langs my groot kinderlike happe vat en dan breed vir my glimlag, wonder ek of hy nie omgee dat daar ’n stuk brood by sy een tand vas sit nie. Ag, genade, ek gaan nooit só iemand kry nie – ’n man sonder kos in sy tande, wat nooit slaap in sy oë het of sweet nie.

Single Post Navigation

One thought on “Extract 3 from my book

  1. Ek dog ons praat nie uit die slaapkamer uit nie! Kos tussen my tande!!!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: