Nicolette Writes

Professional Freelance Writer and Stay-at-Home Mom

Extract 4 from my book


Uggh. Ek haat dit! Hendrik het hierdie gewoonte om al sy hordes meisie-vriendinne drukkies te gee. Of eintlik… ek dink dis ‘n Stellenbosch ding. Of ‘n kampus ding? Jy sou iemand een keer vinnig ontmoet het, nie eers sy naam ken nie, maar as julle mekaar sien, moet daar ‘n drukkie wees.

So kon ek nie my ‘walk of shame’ in vrede doen nie, want elke meisie wat by Nerina se voordeur in haar drafklere uitkom kry ’n drukkie van Hendrik. Dit irriteer my vanoggend ekstra baie, en terwyl hy nog so met ’n ‘vriendin’ ’n drukkie-geselsie aanknoop (hy sal letterlik van die gras af opstaan wanneer ons onder die bome sit voor die koshuis en twintig meter loop om iemand wat hy op die stoep sien staan ’n drukkie te gee!), druk ek vinnig sy arm, sê ‘bye’, swipe my kaart en verdwyn by die voordeur in. Hy moet SO weet iets is nou fout. Reg so – die drukkie ding is nie cool nie.

Advertisements

Single Post Navigation

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: