Nicolette Writes

Professional Freelance Writer and Stay-at-Home Mom

Archive for the month “September, 2010”

‘n Gediggie van my man


Hier is ‘n gediggie wat my liewe man een laat nag vir my geskryf het (2008, die jaar wat ons getroud is). Dit was jaareinde by sy werk en hy moes vir twee maande tot in die oggendure werk elke dag:

jaareinde

ek mis my vanaand by jou
daar waar jy by amber kerslig
en in die gloed van kaggelvuur
die sagte kaapse winterreen
met ‘n glasie port
vir die soveelste nag
alleen moet entertain

(Solly Ferreira)

Advertisements

Gediggie


Ek wonder soms

– Nicolette Ferreira (2008)

Ek wonder soms
of my hartseer vir jou te veel is…
of dit lekkerder is weg van my –
‘n blaaskans van my hartseer
en my piepie oë.

Ek sit alleen en mis jou
en wonder hoekom jy nie hier is nie…
Ek wil vir jou AL my liefde gee,
soos die koekies wat ek warm uit die oond
vir jou aandra met hundreds-of-thousands en
hartjies met tandestokkies sorgvuldig uitgedruk –
om dit mooi te maak vir jou.

Ek hoop my hartseer, my piepie oë,
my stiltes,
is nie te veel vir jou nie.

My liggie is ‘n kersliggie,
warm en liefdevol –
dis nie een van Johannes se skerp fietsligte nie:
dit is niks uitspattigs nie –
dis maar sommer net ek,
nou bros en broos.

Ek wonder soms
of my hartseer vir jou te veel is…
of dit lekkerder is weg van my –
‘n blaaskans van my hartseer
en my piepie oë.

Kersie-rooi Liefdesballade


Kersie-rooi Liefdesballade
– Nicolette Ferreira

Hoe verf ek my hart in kersie-rooi
op ’n mooi stukkie wit papier?
Ek wil nie hê
dat die mense moet sê:
‘Ag, liewe genade –
‘n liefdesballade…’

My papier is grys
soos ek uitvee, uitvee…
Dis als al gebruik:
‘ek hou van,
ek mis jou,
ek’s blou,
jy’s die een.’

Hoe verf ek: ek lief jou
op ’n nuwe manier?
Sonder
‘hou van,
net jou,
vir altyd,
ons twee…’

Ek sal vir jou een sonder woorde moet skryf,
kersie-rooi op
die muur van jou hart!

‘Ag, liewe genade –
‘n liefdesballade…’

Droomverlore


Droomverlore

Die mense dink ek is hier –
maar eintlik is ek in Kaapstad,
staan ek met ‘n koppie tee
op iemand se balkon
en hoef ek nie ‘n woord te se nie –
want die see vra nooit ‘n antwoord nie.

My bruin oe
raak verlore in my gedagtes
waar niemand my kom uitruk nie…
Is dit beter –
droomverlore?

Nimmereindig
altyd
voel dit soos mondeling –
steek my hart,
breek dit deur my vel,
val dit in my hande
en weet ek nie wat om daarmee te doen nie…

Weet ek nie
weet ek nie
weet ek nie
bly ek maar eerder –
droomverlore

To skip, play and run all day


Quote on being a child:

‘You are worried about seeing him spend his early years doing nothing. What! Is it nothing to be happy? Nothing to skip, play, and run around all day long? Never in his life will he be so busy again.’ ~Jean-Jacques Rousseau

"Is it nothing to skip, play, and run... all day?"

Comments welcome!!

Post Navigation

%d bloggers like this: