Nicolette Writes

Professional Freelance Writer and Stay-at-Home Mom

Afrikaners is TE SOENIG DOENIG!


Afrikaners is plesierig… en te ‘soenig’…

“Kom groet vir oom Johan, kleinsus!” en voor jy kan keer plak ’n ‘wild vreemde’ oom met ’n snor ’n papnat soen op jou mond. Eeeeek!! Hierdie Afrikaanse tradisie is nou net vir my niks cools nie. Dis NIE ‘an’ NIE! Om die waarheid te sê, ek vind dit totaal en al inappropriate (om nou ’n Engelse woord te gebruik).

Ek praat natuurlik nou nie hier van ’n bloed ma, pa, boet en sus soen-groet nie – dis nog als in orde. Maar vir die res… ’n Mens se mond, en ’n soen, is tog iets baie intiems? Vanwaar die gesoenery? Toemaar, ek wil nie regtig weet nie – ek is seker daar is ’n baie pragtige en noble rede en geskiedenis daaragter. Ek gee nie om vir die ‘wang-wang’ soen nie, maar die feit dat ek iemand op die mond moet soen net omdat dit my skoonsuster se man of ’n tweede man van my tannie is, is net VERKEERD!

Toe ek klein was het ek maar die soengroet-ding gedoen, anders het ek raas gekry. Maar nou is ek groot genoeg om vir myself te besluit wat sin maak en wat nie, en alhoewel baie Afrikaanse tradisies pragtig en lieflik is, is hierdie ene een wat ek nie gaan help bou nie. Ek draai sommer by voorbaat my wang weg en gaan in vir ’n duidelike drukkie (ek het natuurlik ook ’n ding of twee te sê oor die hele drukkie kultuur, maar laat ek nie nou daarop ingaan nie).

My vriendinne, ek is baie lief vir julle en julle beteken vir my die wêreld, maar vir julle wil ek ook nie graag op die mond soen nie! ’n Smiley-face met rooi soentjie-lippe of sterretjies op jou selfoon is die enigste soen wat jy by my gaan kry! 😀

Wanneer mansvriende in beweeg vir ’n soen wil ek ook sommer sê, met ’n lekker Afro-American-sister aksent: ‘Hello! Excuse me, married girl here! This lady is taken!’ Nat lippe teen mekaar… nee kyk, as dit nie my man se lippe is nie – UH-UH! ‘What are you thinking?!’ Jy kom nie naby my lippe nie!

Ek sal ook nie eendag aan my kinders hierdie tradisie leer nie. ’n Drukkie of handskud is meer as genoeg. Is dit nie aardig daai oomblik wat jy familie ontmoet of iewers raakloop en daar volg so awkward oomblik waar jy nie regtig weet of die persoon gaan ingaan vir ’n soen of nie? Gewoonlik eindig dit op in so ongemaklike kant-van-die-wang slash lip soen en twee mense wat baie simpel voel (want iemand het gedog dis ’n drukkie en die ander ene het gedog dit gaan ’n soen wees…).

Wel, hier is geen onduidelikheid van my kant af nie – tensy jy my man, my suster, my pa, my ma of my skoonma is, kry jy nie ’n soen by MY nie!!

Soengroete ;-P

Nicolette


Tessa: ‘Kan ek darem ene kry?’ Uh-uh!!

Single Post Navigation

6 thoughts on “Afrikaners is TE SOENIG DOENIG!

  1. Jy is so sweet!!

    • Anonymous on said:

      …100% op die knoppie! partykeer wens ekke ekke kon ‘n sign iewers op my voorkop plak of’n baltjie dra wat se: “if me and u rnt married or share blood – my lips are off-limits”

      • Hehe! Dankie vir die comment! Eks bang ek het bietjie te hard oorgekom: ek wil darem net sE, ek het lieflike aangetroude familie, my man se ooms en niggies en so aan, wat ek nogals gereeld sien, en hulle weet actually wat in my lewe aangaan, en ek gee nie om om hulle te soengroet nie. Maar dan is daar familielede wat ek seker nog net twee keer in my lewe gesien het (veral ooms) wat ek dan moet soengroet, en ek ken hulle regtig nie en hulle nie vir my nie! ***

    • Ah Alida! Jy’s fantasties – dankie vir jou getroue ondersteuning van my blog! Ek vergeet jou nooit nie!! *** ;-P

  2. Totally agree with you on this one!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: