Nicolette Writes

Professional Freelance Writer and Stay-at-Home Mom

OM TE GEE… OF NIE TE GEE NIE… Hmmmm


OM TE GEE OF NIE TE GEE NIE…

Ons was almal al betrokke in hierdie groot debat: Gee ons of gee ons nie, wanneer iemand vir ’n ‘paar sent’ of ’n ‘droeë stukkie brood’ vra. En tog dink ek min van ons het al tot ’n gevolgtrekking gekom. Ja of nee? Dit hang seker maar van die situasie af, nê?

Maar mense is nie altyd so ‘leesbaar’ nie. Vanmiddag het die man wat in ons kompleks se tuine werk (hy word dus betaal deur die ‘body corporate’) vir my kom vra of ek nie asseblief vir hom ’n stukkie brood het vir middagete nie (hy het darem nie my intelligensie onderskat deur vir ’n ‘droeë’ stukkie brood te vra nie). Hy was vanoggend laat vir sy taxi en het nie tyd gehad om kos in te pak nie.

In ’n paar sekondes het baie dinge deur my kop gegaan. Praat hy die waarheid? Wat as ek vir hom kos gee en hy kom vra elke dag vir kos? En as ek ja se, gaan hy nie dalk vir geld ook vra nie?

Ek het vir die man middagete gegee.

Wat het my laat besluit om dit te doen? Wel, mens sal seker nooit weet of iemand die waarheid praat nie, maar dit weet ek: hierdie man het nog nooit soveel weelde geken soos wat ek ken nie. Hy het nie in ‘Snoopy’ beddegoed groot geword nie, nie ‘rollerblades’ gekry in std 5 nie, of by ’n ‘fancy’ restaurant gaan eet met ’n ‘date’ nie. Hy het ook nie ’n droom troue gehad soos ek nie, hy ry verseker nie rond in die kar waarin ek ry nie en ek glo nie hy het al ’n hotel-ontbyt geëet nie.

Wat is ’n stukkie brood met kaas en konfyt? En die man het nie vir meer gevra nie. Hy het ook nie gekla oor die eenvoudige maaltyd wat ek op een van ons mooi glasborde neergesit het nie (hoekom op aarde is ons geleer om vir die tuinman ‘n papierbord te gee en ’n ‘eie koppie met ’n chip’ eenkant te hou? Toemaar, ek weet die antwoord!)

Wat sal ons gevolgtrekking van dit alles wees? Ek dink: lees maar die situasie so ver as wat jy kan. En wanneer jy twyfel… gee die persoon die binnevet van die boud (op ’n glasbord!).

Single Post Navigation

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: