Extract 5 from my book
Die kelnerin kom en ek weet sommer dadelik wat ons wil hE – die gewone: twee witwyne en twee salad valleys.
“Ek neem aan dis die liefde wat pla…” raai Anita.
“Oh my word. Ja! Ek is so deurmekaar. Ek weet nie meer oor Hendrik nie. Wanneer ek nie by hom is nie mis ek hom, maar as hy by my is irriteer hy my! Ek is so bang ek los hom en dan kry ek nooit iemand nie! Is ek nie dalk net vol nonsens nie? “
“Jy kan maar vol nonsens wees, vriendin!” Elke meisie het seker al in haar lewe hierdie boodskap van ‘n vriendin af gekry. “Dis jou reg om fussy te wees! Jy gaan verseker nie alleen opeindig nie. Jy…is…pragtig!” met die klem op die ‘pragtig’.
Dis maklik om so vol vertroue vir ‘n vriendin dit te sE as jy self vier jaar uitgaan met dieselfde ou. Ek dink daaraan dat sulke mense, dierbare vriendinne, nie ‘n clue het hoe dit voel om alleen te wees nie. My langste verhouding ooit is ‘n maand, en dis tans met Hendrik. Op skool het ek die vreemdste ouens gehad. Die ene wat nie kon soen nie. Die ene wat op ons eerste date vir my die helfte laat betaal het van een milkshake en een bordjie chips. Die ene wat vandag gay is. Die ene wat vandag huge is. Ek verstaan dit nie… Ek is ‘n goeie, gewone, normale Afrikaanse, oulike, Christen meisie.