Nicolette Writes

Professional Freelance Writer and Stay-at-Home Mom

Archive for the category “Poetry”

romerige plesier


This poem takes on the form of a ‘Villanelle’. The ‘Villanelle’ (italian I think?) has its origin from ‘farm songs’ – eg: songs that would be sung while working in the lands, or someone calling and another answering from far away. It has 19 lines, consisting of five tercets, ending with a quartet. Rhyme scheme aba aba aba aba aba acaa. The challenge of this type of poem involves its repetitive rhyme scheme: it can easily sound like a nursery rhyme: so you have to work at being original in the ‘rhyming words’ you choose.

(DON’T QUOTE ME ON ANY OF THIS!! All this info is just more more less!)

Check my version below (sorry for those who don’t understand Afrikaans!):

ROMERIGE PLESIER

Vanoggend se koffie was net ek en jy
Al was daar ander by ons
Al was daar ‘n moeilike oom in die ry.

Die oomblik van room op koffie, verby –
Die oomblik van luister en skons
Vanoggend se koffie was net ek en jy.

Jy het vir ons nog twee koffies gekry
Al sou my dieetplan frons
Al was daar ‘n moeilike oom in die ry

jou oe was net op my
en soms op die botterskons –
vanoggend se koffie was net ek en jy.

Ek wou so graag hier bly
‘n soete oomblik van ons
al was daar ‘n moeilike oom in die ry.

Daar is min wat my hart so verbly
Soos ‘n ro-merige plesier:
Vanoggend se koffie was net ek en jy
Al was daar ‘n moeilike oom in die ry.

Advertisements

VRETENDE SKULD


Mag ’n mens verveeld wees,
terwyl die res van die wêreld maar net moet aan…
’n Tannie jaag oor die oranje lig.
’n Outjie ry amper bo-oor jou rug.

Mag ’n mens dan verveeld wees?
Terwyl iemand jaag na ’n volgende plek:
’n Oom het nie tyd vir eet, hy moet gaan.
’n Meisie het klas tot vyf vanaand.

Mag ’n mens dan verveeld wees?
Mag ek wonder wat om te doen, terwyl

’n tannie oor die robot jaag,
’n outjie vir my ligte flits,
’n oom leeg is in sy maag,
’n meisie net tyd het vir koffie in kits…

Mag ek dan ’n stadige room koffie drink
en wonder wat om te maak –
terwyl die res van die wêreld maar net moet aan…

Die sewe-uur storie


Wat het geword van programme soos

Goeiemore Alaska

en Die Hoedbrigade (met Billy)

en Pensacola Wings of Gold (met Bobby)?

Ons kyk nou maar

na X-Men en X-Cows

en X watokal.

Gelukkig is ek

dat ek herinneringe het

aan kaas en tamatie broodjies

(toe nog met botter)

en sjokolade nesquick

voor die televisie

vasgenael voor

vasgevang deur

die finale episode van

Dr. Quinn Medicine Woman.

Eight lines on you


you are

summer

silky delicious sleepy

warmth wrapped

in the morning

you are

summer

silky delicous

A Slow Summer


The sun slowly opens it mouth

and thick streams of gold flows

coloring the beach bronze

and my body brown.

I break the sea into copper octagons

– joining those on the sidewalk

eating pink icecream

on this lazy afternoon.

Woes Wild Vrou


Op so mooi oggend
trek ek my feminis pakkie uit
steur ek my nie daaraan
dat ek liewer nie te veel moet huis skoonmaak nie
of te veel suurlemoen-vlaterte en slaai moet maak nie
of te veel ’n dame van plesier moet wees nie –
ek geniet die oggend
woes wild vrou.

Koffie met skuim op in ’n prettige groen bekertjie
transformeer ek saam met die romerige ekstase
by die rooi en wit tafeltjie
na ’n vuurwarm vrou,
word my liggaam tydelik
die gevreesde objek
van die manlike staar –

ek geniet die oggend
woes wild vrou.

My First Post


‘My First Post’ – not a very exciting (or creative) title for my first post! I am not 100% sure (yet!) where this will take me, so let’s just take it one post at a time. For now, I think it will involve poetry…

Enjoy!

Post Navigation

%d bloggers like this: