Nicolette Writes

Professional Freelance Writer and Stay-at-Home Mom

Archive for the tag “piekniek”

Extract 2 from my book


Na ete lê ons op ons mae en hy haal ’n boks chocolates uit. Hy haal ene uit en hou dit na my uit. Crap. Ek kan sien aan die manier waarop hy dit doen, dat hy wil hê dat ek dit romanties met my voortande in die middel moet deurbyt, sodat hy die ander helfte dan kan eet.

Die oomblik is te groot, en die vrees vir dinge afbyt met my tande nog groter… Ek hap die hele sjokolade vormpie uit sy hand uit. Die sekondes wat volg is net so ’n verleentheid. Hy weet nie regtig wat om te sê nie – hy lyk redelik onkant gevang. Ek giggel senuweeagtig.

“Ek was lus vir die hele een!’ grap ek.

“O! Haha! ”

Ek beter die onderwerp vinnig verander.

“So, wow! Ek kan nie glo jy het hierdie aand gereël nie!” Ek gee hom ’n skaam, verleidelike, ‘meisie-kyk’. Dit werk soos ’n bom. Hy beweeg in vir ’n soen.

Advertisements

Post Navigation

%d bloggers like this: